|
|
- Al Debbo
- Baardskeerdersbos Orkes
- Blackie Swart
- Bok van Blerk
- Carike Keuzenkamp
- Casper de Vries
- Chris Chameleon
- DNA Strings
- Fokofpolisiekar
- Gé Korsten
- Ilana May
- Jakkie Louw
- Johannes Kerkorrel
- Juanita du Plessis
- Kaapse Affodille
- Karen Zoid
- Klipwerf Boereorkes
- Koos Kombuis
- Leon Schuster
- Radio Kalahari Orkes
- Thys die Bosveldklong
- Tolla van der Merwe






![]() | Today | 536 |
![]() | Yesterday | 1889 |
![]() | This week | 7882 |
![]() | Last week | 13058 |
![]() | This month | 30048 |
![]() | Last month | 73569 |
![]() | All days | 829772 |
Your IP: 38.107.179.221
,
Today: Mei 18, 2012
Afrikaans op sy beste
Oop bek soos 'n gaar vis!
Sy het so baie plooie, sy skroef haar hoed op!
Hy is so maer, hy lyk soos 'n potlood met 'n handbriek.
Ek is nou so opgewonde soos 'n budgie op steroids !
Ek was gisteraand so dronk, toe ek vanoggend wakker word hang ek oor die stoel en my klere lê in die bed.
Ek is nou so lus vir 'n Rennie ek eet sommer 'n pastei.
Jy's so skeel jy kyk jouself diep in die oë!
Van sit of staan bly lê die lekkerste.
Hy is so kort hy weet nie of dit keelseer of aambeie is nie.
Hy is so kort hy slaan tot sy onderbroek se pype om.
Hy is so maer, as hy langs 'n wit muur loop lyk dit soos 'n kraak wat beweeg!
'n Mens hoef nie soos 'n plank te lyk om gespyker te word nie.
Hy is so skelm, hy bid onder 'n skuilnaam.
Ek gaan jou klap dat jy lus kry vir niks.
Ek sit nou so lekker ek staan sommer op en sit weer.
"Lang gesig soos 'n bok wat afdraand vreet."
"Drank los nie probleme op nie, maar so ook nie melk of water nie."
"Ek voel nou so goed, ek vul sommer die lottonommers verkeerd in."
"Ek is nou so lui ek trou sommer 'n pregnant vrou."
"Ondervinding is iets wat jy eers kry nadat jy dit nodig het."
"Almal kry die voorreg om onnosel te wees, net jammer party maak misbruik daarvan."
"Ek is so de bliksem in, ek soen sommer 'n pofadder oopbek"
"My vrou is so lelik, as sy op die sand sit wil die katte haar toekrap."
"Arende vlieg dalk hoog, maar ons muishonde word nooit deur 'n vliegtuigmotor ingesuig nie."
"Die mens is op aarde geplaas om 'n sekere hoeveelheid werk te doen. Op die oomblik is ek so ver agter ek sal nooit dood gaan nie."
"Ons kannie almal helde wees nie, iemand moet langs die pad staan en hande klap."
"Ek haat mense wat honde aanhou. Hulle is 'n klomp sissies wat nie genoeg guts het om iemand self te byt nie."
"Ek glo dat as iets die moeite werd was om te doen, dan sou iemand anders dit lankal gedoen het."
"Jy mag nooit meer as jou yskas weeg nie!"
"As jy vir jouself kan lag dan het jy altyd iets om oor te lag."
"As jy lyk soos jou paspoort-foto, dan het jy 'n vakansie nodig."











