|
|
- Al Debbo
- Baardskeerdersbos Orkes
- Blackie Swart
- Bok van Blerk
- Carike Keuzenkamp
- Casper de Vries
- Chris Chameleon
- DNA Strings
- Fokofpolisiekar
- Gé Korsten
- Ilana May
- Jakkie Louw
- Johannes Kerkorrel
- Juanita du Plessis
- Kaapse Affodille
- Karen Zoid
- Klipwerf Boereorkes
- Koos Kombuis
- Leon Schuster
- Radio Kalahari Orkes
- Thys die Bosveldklong
- Tolla van der Merwe






![]() | Today | 531 |
![]() | Yesterday | 1889 |
![]() | This week | 7877 |
![]() | Last week | 13058 |
![]() | This month | 30043 |
![]() | Last month | 73569 |
![]() | All days | 829767 |
Your IP: 38.107.179.221
,
Today: Mei 18, 2012
Dominee en preek
Die gemeente was bra moeg van hulle jong dominee se temerige preke en die koster het met ontsteltenis gemerk dat die kerk elke Sondag leër word.
Ten einde raad besluit hy om so 'n titseltjie brandewyn by die dominee se kraffie water op die preekstoel te gooi.
En sowaar! die volgende Sondag gooi hy 'n skootjie meer by en dinge verbeter sodanig dat die kerk Sondae spoedig weer kant en wal sit.
Een naweek woon een van die dominee se kweekskoolprofessore die erediens by. Na die diens wil die dominee weet hoe die professor sy preek gevind het.
Die professor wat die man as 'n powere redenaar onthou, wens hom geluk met sy verbeterde voordrag.
Maar, sê hy, daar is drie dingetjies wat hy net wil regstel.
In die eerste plek: Delila was nie Simson se kys nie;
In die tweede plek: Simson het nie met die eselskakebeen onder die ANC ingevlieg nie;
en in die derde plek: die water by die bruilof te Kana is nie in Oude Meester verander nie!











